Home Job Listings Categories Locations

PRODUKSIEBESTUURDER: TAFELDRUIWE

📍

Construction

Job Description

Direction Import & Export, gevestigde tafeldruif boerdery bied uitdagende loopbaan geleentheid aan energieke, dinamiese persoon met n passie vir boerdery, in volgende posisie: PRODUKSIEBESTUURDER: TAFELDRUIWE KAKAMAS OMGEWING Vereistes: - Ons wag op aansoeke van hardwerkende, selfgedrewe individue met bogemiddelde menseverhoudinge, ondersteun deur suksesvolle rekord van minimum 5 jaar bestuursondervinding in alle aspekte van tafeldruif verbouing. - Goeie kommunikasie & organiserings vaardighede. - Stelsel-gerigtheid, met deeglike kennis van besproeiing, bemesting, bespuitings en gehaltebestuurstelsels. - Basiese tegniese en meganiese kennis. - Moet onafhanklik en onder druk kan funksioneer. - Toepaslike landbou kwalifikasie sal as aanbeveling dien. Die applikant sal onder Werkgewer hoofsaaklik verantwoordelik wees vir: - Die bestuur en ontwikkeling van die tafeldruif produksie eenheid wat sal insluit alle aspekte van produksie-, arbeids-, pakhuis- en gehaltebestuur. - Daar sal verder van kandidaat verwag word om in te skakel by gediversifiseerde boerdery met gepaardgaande verantwoordelikhede. Daar word markverwante vergoedingspakket met voordele, eie aan die bedryf aangebied. Alle aansoeke sal streng konfidensieel hanteer word. Rig u volledige CV met verwysing MDPT voor 18 Februarie 2026 aan recruitment@ovdm.co.za Indien u nie binne drie (3) weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Ready to Apply?

Don't miss this opportunity! Apply now and join our team.

Job Details

Posted Date: February 19, 2026
Job Type: Construction
Location:
Company:

Ready to Apply?

Don't miss this opportunity! Apply now and join our team.